Sluit as lid by SAVI aan

Aansoek om ’n individuele lid van SAVI te word

Lidmaatskap staan oop vir alle vertalers, tolke, redigeerders, proeflesers, tekshersieners, kopieskrywers en enigiemand anders wat by die taalpraktykbedryf betrokke is. Die proses om ’n lid te word is die volgende:

  • Laai die dokument hieronder af
  • Vul die dokument in en stuur na registrar@translators.org.za
  • Jy sal ’n e-pos ontvang om jou lidmaatskap te bevestig, asook ’n faktuur
    Wanneer jy jou faktuur betaal het, kan jy die betalingsbewys stuur na registrar@translators.org.za
  • Jy sal ’n lidmaatskapsertifikaat ontvang met jou unieke nommer wat jy in alle kommunikasie met die Instituut moet gebruik.
    Vir enige vrae, kontak die SAVI-kantoor: office@translators.org.za

Aflaaiopsies

DOC-lêer – Application to become an individual SATI member

DOC-lêer – Application to become a SATI student member

Aansoek om ’n korporatiewe lid van SAVI te word
Taalagentskappe/vertaalmaatskappye asook taalkantore (op regeringsvlak, korporatiewe entiteite of onderwysinstellings) kan aansoek doen om lede van SAVI te word. Die proses om ’n korporatiewe lid te word is die volgende:

• Laai die dokument hieronder af.
• Vul die dokument in en stuur na registrar@translators.org.za.
• Die agentskap/taalkantoor sal verdere dokumente ontvang om in te vul. Indien jou aansoek suksesvol is, sal jy ‘n faktuur ontvang.
• Sodra die faktuur betaal is, sal die agentskap/taalkantoor’n lidmaatskapsertifikaat ontvang met ‘n unieke lidnommer wat gebruik moet word in alle kommunikasie met die Instituut.

Aflaaiopsies

DOC-lêer – Application to become a corporate SATI member

DOC-lêer – Application to become a language office member